Hi Leon
Ek het nou net ‘n baie aangename ervaring gehad.
Ek het ‘n klient gehad wat kom navraag doen het oor sy rekeninge en wou ‘n kt kaart he.
Ek het soos ouder gewoonte, my “preek” afgesteek, met die manier waarop hy sy krediet kaart moet gebuik.
Ek het hom vertel van verkeerd en reg en sy antwoord was, “ja my ouers se elke dag vir my dat ek moet my geldsake agtermekaar kry ens.
Hulle wil he ek moet ‘n testament he ens…
Ek vertel hom toe hoekom dit so is en gee hom toe raad oor sy polis en vertel hom van begunstigdes ens.
Na alles, se hy vir my
“weet jy wat, Jesus het my na jou toe gestuur, ek weet dit nou, want niemand kon nog die goed in my kop ingekry het nie
Ek se toe vir hom. As jy glo dat dit ek is, goed so, maar as jy ‘n kind van God is, sal jy glo dat dit Hy is, wat wil he, dat jy die goed moet doen
Hy praat met ons deur ander mense…..
NOU WEET JY SELF LEON, ONS MAG MOS NIE POLITIEK OF GODSDIENS MET ONS KLIENTE PRAAT NIE,
Die mannetjie sit hier, en begin sy storie vertel van hoe hy die naweek, met dinge wat hom jaag, rondgehardloop het, en dat hy gister sy hart vir Jesus gegee het.
Hy vertel van dinge en mense wat hy gesien het, en dit was baie interresant, ek het geluister, en hom gehelp met goed wat hy nog nie seker oor was nie, te ontsyfer……..
Jesus het my gebuik, om sy onduidelikheid wat hy nog gehad het, te kry. Hy het gehuil en ek het opgestaan, hom ‘n drukkie gegee….hierdie wild vreemde mens….en vir hom gese dat hy Jesus moet ken en soos nou ALLES doen in Sy naam….dat hy moet geloof he soos ‘n kind. Glo soos ‘n kind….
Toe ons klaar is, wou hy nog nie regtig gaan nie, maar op my tafel ‘n “client feedback form” gevat en ingevul… dit is ‘n vorm wat die kliente kan invul met terugvoering oor hoe jou diens as bankier/konsoltant was.
Hy skryf in die vormpie, dat die diens wat hy hier gekry het, is uitstekend……..en gee die experience ‘n pun van 10 uit 10.
Hy het my weer ‘n drukkie gegee en bedank vir die raad en alles…..
Toe hy uit is, lees ek die feedback vormpie….
In die comments skryf hy…
GOD & JESUS & THE HOLY SPIRIT are in this woman.!!!! Praise the Lord !!!!! Tzang Tzang…….
