{"id":118,"date":"2011-02-16T03:19:06","date_gmt":"2011-02-16T01:19:06","guid":{"rendered":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/?p=118"},"modified":"2014-11-26T14:58:55","modified_gmt":"2014-11-26T12:58:55","slug":"artikel-van-stephan-joubert","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/?p=118","title":{"rendered":"RAPPORT ARTIKEL VAN STEPHAN JOUBERT"},"content":{"rendered":"<p>Artikel wat in Rapport verskyn het op 6 Februarie 2011-02-07<\/p>\n<p>\u2019n Ruk gelede moes ek by \u2019n saamtrek praat oor die toekoms van die kerk. Toe waag ek dit om te s\u00ea dat as ons aanhou doen wat ons tans doen, gaan ons bly kry wat ons nou kry \u2013 werklikheidsvreemde gemeentes! As ons nie anders begin dink oor die kerk as \u2019n geloofsbeweging eerder as \u2019n oorbestuurde kerklike instituut nie, gaan niks di\u00e9 groeiende irrelevansie stuit nie. Gevaarligte flikker weens die instandhouding van die rolle van professionele leraars as geestelike eenstop-dienste; eindelose administrasie; flou kategese wat die Bybel \u2019n vreemde boek vir jongmense maak; oorbeklemtoning van dogma (ortodoksie) ten koste van geleefde geloof (ortopraksie), en \u2019n steriele teologie waar die kerk die koninkryk van God op die agtervoet gedwing het.<\/p>\n<p>Skaars het ek klaar gepraat, toe staan iemand op en s\u00ea vir die aanwesiges dat hulle hulle nie aan sulke uitsprake moet steur nie. Hulle moet volhard in die ou, beproefde maniere van kerkwees. Toe voeg hy by dat al sterf al hul gemeentes uit, mag hulle nogtans nie toegee aan vernuwing van hul kerklike strukture en dogmas nie.<\/p>\n<p>Terwyl die persoon praat, het ek gewonder of ek moet reageer, maar toe hoor ek die ironiese humor in sy woorde. Om te dink sy voorstel was dat kerke ter wille van die waarheid uitsterf! En dit gaan juis nie om getalle nie.<\/p>\n<p>Solank as wat getalle die vernaamste barometer vir kerklike sukses is (soos wat tans blyk uit openbare gesprekke oor \u201ckrimpende kerke\u201d), is dit maklik om te dink dat kerke met die meeste mense op Sondae die wenners is. Of om die foutiewe afleiding te maak dat alle kerke met krimpende lidmaatgetalle dood of irrelevant is.<\/p>\n<p>Missionale, oftewel buitegerigte gemeentes is doelbewus kleiner eerder as groter! Nuwe plaaslike geloofsbewegings soos Kruispad, Omni, Echo, InVia of EnRoute, asook bestaande kerke vir wie die lig opgegaan het, kies om ook in plekke soos lapas, restaurante en skoolsale byeen te kom om relevant en meer vaartbelynd te wees.<\/p>\n<p>Opwindende kerklike winde van verandering waai volstoom binne \u00e9n buite bestaande kerke. Dit is veral die tendens in die sogenaamde \u201cmissional church movement\u201d wat w\u00eareldwyd impak maak. Leidende teologiese stemme op di\u00e9 gebied, soos Alan Hirsch, Reggie McNeal, Nelus Niemandt en Alan Roxburgh, leer ons dat die kerk \u2019n voetsoolvlakbeweging van gewone mense is. Hulle maak hul teo\u00aclo\u00acgie in die daaglikse lewe hoorbaar \u00e9n verstaanbaar deur dienende harte, hande en voete.<\/p>\n<p>Binne die w\u00eareldwye missionale beweging (wat nie denominasiegebonde is nie), is die koninkryk van God die prim\u00eare fokuspunt. Hul uitgangspunt is dat sending voortspruit uit die hart van God, dis nie bloot \u2019n taak van die kerk nie. God is naamlik op \u2019n missie om sy vrede, sy sjalom, w\u00eareldwyd gestalte te gee. Hy wil heelheid en herstel bewerkstellig vir almal, sy skepping inkluis.<\/p>\n<p>Alan Hirsch en Lance Ford skryf: \u201c\u2026it\u2019s is not so much that the church has a mission, but that the mission has a church\u2026 we really are the result of God\u2019s missionary activity in the world\u201d (Right Here, Right Now. Everyday Mission for Everyday People, 2011). Missionale Jesus-navolgers stel daarom nie belang in die instandhouding van \u201cPlaneet Kerk\u201d as \u2019n doel op sigself nie. G\u2019n wonder party missionale bewegings sluit juis sekere kerke om die koninkryk meer doeltreffend te laat groei nie.<\/p>\n<p>Anders as die meeste kerke wat volgens studies meer as 60% van hul tyd aan administrasie en die bestuur van aksies en programme bestee, is missionale bewegings by uitstek organies en verhoudingsmatig ingestel. In die plek van formele agendas dien hul leiers as lewende agendas. Anders as \u201cnormale\u201d kerke, waar interne gesprekke gedurig deur agendagedrewe kommissies gevoer word oor hoe om mense \u201cdaarbuite\u201d te \u201cbereik,\u201d bestee missonale gelowiges eerder ruim verhoudingstyd met die sogenaamde buitestanders.<\/p>\n<p>Navorsing toon dat die meeste kerk\u00aclikes se invloed in hul omgewings drasties afneem hoe langer hulle deel van \u201cnormale\u201d kerke bly. By missionale kerke gebeur die teendeel. Die rede? Hulle is nooit bedreigd of veroordelend teenoor mense wat anders as hulle dink of leef nie. Juis daarom kan hulle so maklik vir ander vra: \u201cHoe kan ons julle in Jesus se Naam dien?\u201d<\/p>\n<p>Die verskil tussen \u201cgewone\u201d en missionale kerke is parallel met die verskil tussen \u2019n plantasie en \u2019n woud. Laasgenoemde twee bestaan albei uit bome, maar \u2019n plantasie is kunsmatig en mensgemaak, terwyl \u2019n woud spontaan en organies groei. In plantasies is die uitkomste voorspelbaar omdat daar oorgenoeg bloudrukplanne in werking is wat elke boom se lot bestuur. In woude is die roete altyd vol verrassings, want daar is ruimte vir groei en verskeidenheid. Daarom meet missionale gemeenskappe hul doeltreffendheid aan hul daarwees in Jesus se naam, nie aan hoeveel mense aan \u201chierdie kant van die draad\u201d op hul boeke is of hul aktiwiteite bywoon nie. Dis dus skaars verrassend dat missionale bewegings tans groei dat dit klap onder al wat \u2019n kerklike en publieke radarskerm is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Artikel wat in Rapport verskyn het op 6 Februarie 2011-02-07 \u2019n Ruk gelede moes ek by \u2019n saamtrek praat oor die toekoms van die kerk. Toe waag ek dit om te s\u00ea dat as ons aanhou doen wat ons tans doen, gaan ons bly kry wat ons nou kry \u2013 werklikheidsvreemde gemeentes! As ons nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_feature_clip_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"font":"","enabled":false},"version":2},"jetpack_post_was_ever_published":false},"categories":[28],"tags":[],"class_list":["post-118","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-artikels"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/118","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=118"}],"version-history":[{"count":0,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/118\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=118"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=118"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=118"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}