{"id":117,"date":"2011-02-09T10:04:07","date_gmt":"2011-02-09T08:04:07","guid":{"rendered":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/?p=117"},"modified":"2014-11-26T14:59:01","modified_gmt":"2014-11-26T12:59:01","slug":"sterf-die-christelike-kerk","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/?p=117","title":{"rendered":"STERF DIE CHRISTELIKE KERK?"},"content":{"rendered":"<p><strong>Opinies oor kerkbywoning.<\/strong><\/p>\n<p><strong>En op die sewende dag&#8230; is daar stilte?<\/strong><strong><br \/>\n<\/strong><strong>2010-12-10 22:23 Nina Steyn<\/strong><\/p>\n<p><strong>Di\u00e9 handelsmerk het my verloor<\/strong><\/p>\n<p>Fanta is my gunsteling-gaskoeldrank. Sedert st. 3 simboliseer dit vir my verligting, hoop, vreugde en oorvloed. Hoekom?<\/p>\n<p>Want \u2019n oranje vragmotor het een keer per kwartaal na ons armsalige asbesskooltjie, waar stof en fabriekrook ons speelterrein was, vir ons elkeen \u2019n gratis botteltjie Fanta en \u2019n oranje woer-woer gebring en ons laat glo daar is \u2019n toekoms en hy\u2019s oranje.<\/p>\n<p>Aan bemarkingskoste het Fanta seker net R100 aan my bestee \u2013 en daarmee my lewenslange lojaliteit gekoop.<\/p>\n<p>Dieselfde geld Ster-Kinekor, Cadbury, All Gold, Toyota, Wimpy, Firestone, Aventura. Di\u00e9 handelsmerke sal ek weens aangename konnotasies uit my grootwordjare my lewe lank liefh\u00ea, vertrou en, meer belangrik, koop.<\/p>\n<p>Hoekom is die NG Kerk nie een van hulle nie?<\/p>\n<p>Die Fanta-vrag\u00acmotor het immers net een keer per kwartaal gekom, Ster-Kinekor het ons net een keer per jaar gesien en Wimpy het net met verjaardae gebeur.<\/p>\n<p>Maar die NG Kerk het onbeperkte toegang tot my ontvanklike kinderpsige gehad: Eers in die moederskamer, toe kinderkrans en daarna twaalf jaar van kerk \u00e9n Sondagskool. Voeg daarby kampe, staptoere, ACSV, JKJA, die studentekerk&#8230;<\/p>\n<p>Dit is die soort handelsmerkblootstelling wat g\u00e9\u00e9n geld kan koop nie. Stel jou voor Coke, die magtigste handelsmerk op aarde, het di\u00e9 soort toegang gehad. Die volk sou nooit weer water drink nie.<\/p>\n<p>En tog, n\u00e1 die kans wat die handelsmerk van die NG Kerk met my gehad het, het dit nie gewerk nie. N\u00e1 dekades se indringende bo-die-lyn- en onder-die-lyn-advertering, is die NG Kerk-handelsmerk nie iets wat ek wil koop, sien, dra of besoek nie.<\/p>\n<p>Die meer as 10 500 lidmate wat die NG Kerk in die afgelope jaar verloor het, is waarskynlik, soos ek, in die kerk gedoop, aangeneem en getrou. Maar nie een van hulle wil meer soontoe gaan of daaraan behoort of hul tiende daarvoor gee nie.<\/p>\n<p>Hoekom nie?<\/p>\n<p>Die NG Kerk het my geen trauma of verdriet besorg nie. Ek is nie gay nie en die kerk moes nooit konferensies hou oor of ek hel toe gaan al dan nie. Ek is nie swart of bruin nie.<\/p>\n<p>Ek was nooit terselfdertyd ongetroud en swanger nie. Ek was nie in die jare tagtig oud genoeg om egbreuk te pleeg nie. Ek is nog nooit verbied om nagmaal te neem nie. Niemand het ooit onsedelik aan my geraak tydens Sondagskoolkampe nie.<\/p>\n<p>Ek het eintlik gelukkige herinneringe aan die kerk: my ma se blinkleerhandsak wat na pepermente en Red Door ruik, my pa wat so mooi in die ouderlingsbank lyk. Kinderdankoffer, kerkbasaars, middernagdienste op Oujaarsaand.<\/p>\n<p>Maar dalk, toe ek groter word, het ek genoeg mense geken wat wel gay was, bruin was, swanger was, geskei was &#8230; Dalk het ek, toe ek die eerste keer vriende word met \u2019n Moslem, hard gesluk aan die teorie dat hy hel toe gaan.<\/p>\n<p>Dalk het die uittog uit die NG Kerk iets met vrees te doen. Met die feit dat ek te bang is om di\u00e9 rubriek onder my regte naam te plaas.<\/p>\n<p>Want my arme ma. Wat sal die familie s\u00ea? Wat sal my baas se? Wat sal kerkgangers op die internet s\u00ea?<\/p>\n<p>As ek eendag ophou Fanta drink, sal niemand omgee nie. Ek kan net ophou \u2013 sonder vrees vir die internet of die hel. En dalk is dit hoekom meer as 10 500 eks-lidmate deesdae op \u2019n Sondag eerder Menlyn as kerk toe gaan. Omdat niks in Menlyn hulle bang maak nie.<\/p>\n<p>Die kerk het in sy bestaan meer goed as kwaad gedoen, maar dalk is dit die vrees en oordeel wat hy tussendeur saai, wat nou so dorstig onder sy lidmate maai. Dalk het vrees \u2013 eens die kerk se grootste vriend \u2013 sy grootste vyand geword. Dalk is daar vandag genoeg ander goed wat mense bang maak.<\/p>\n<p>Die NG Kerk sal wys wees as hy meer aandag aan di\u00e9 vraagstuk gee as aan debatte oor of gays die preekstoel en die hemel waardig is.<\/p>\n<p>Anders kan die kerk altyd begin koeldrank en woer-woers by laerskole uitdeel.<\/p>\n<p><strong><em>Nina Steyn (skuilnaam), die skrywer van di\u00e9 stuk, is Afrikaans, in haar dertigs en \u2019n joernalis.<\/em><\/strong><\/p>\n<div align=\"center\">\n<hr \/>\n<\/div>\n<p><strong>\u2019n Anderse koorspen vir die kerk<\/strong><\/p>\n<p>Die gesegde lui dat mense \u2019n leuen begin glo as dit lank genoeg verkondig word. Die dilemma is dat di\u00e9 gesegde gedra word deur \u2019n ander een: Waar daar \u2019n rokie trek, m\u00f3\u00e9t daar \u2019n vuurtjie brand.Sou \u2019n mens die stories glo wat oor kerke die rondte doen, is die kerk in groot moeilikheid: Mense verlaat die kerk glo op \u2019n streep.<\/p>\n<p>Maar as daar oor die lewenskragtigheid of doodsnikke van \u2019n kerk gepraat word, moet ons eers duidelikheid kry oor wat met die woord \u201ckerk\u201d bedoel word.<\/p>\n<p>Die kerk is vir lank as \u2019n oorkoepelende organisasie, \u2019n kollektiewe entiteit, beskou. Die mense bo-aan die hi\u00ebrargie sou die re\u00ebls maak en die lidmate sou dit bloot uitvoer en navolg.<\/p>\n<p>Tog vergeet mense dat die kerk sy oorsprong in \u2019n geloofsbesluit vind. Mense wat \u201ctot bekering kom\u201d in die God van die Bybel, word deel van die kerk. Hulle word deel van \u2019n gemeente in die gemeenskap waar hulle bly.<\/p>\n<p>Die kerk is dus eerstens \u2019n samevoeging van mense wat naby aan mekaar woon en byeenkom om Christus se saak in hul gemeenskap te bevorder.<\/p>\n<p>Kerke se re\u00ebls het mense voorheen verplig om aan \u2019n spesifieke gemeente te behoort. Di\u00e9 kunsmatige begrensing het gemeentes aan die gang gehou, want mense kon nie betrokke raak by \u2019n gemeente waarvan hulle nie \u2019n lidmaat was nie.<\/p>\n<p>Maar deesdae skakel mense eerder in by \u2019n gemeente waarmee hulle aanklank vind \u2013 ongeag di\u00e9 gemeente se kerkverband of belydenisgrondslag. Kerklike lojaliteit het dus \u2019n stille dood gesterf. Dit verklaar waarom sommige gemeentes groei, terwyl hul buurgemeentes doodloop.<\/p>\n<p>Waaraan sal \u2019n mens dan die kerk se lewenskragtigheid meet?<\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof gemeentes doodgaan waar gemeenteleiers nie vorentoe kyk en strategies oor die gemeente se roeping nadink nie. Di\u00e9 gemeentes is nie gereed of gerat vir veranderinge in hul gemeenskap nie.<\/p>\n<p>Die meeste gemeentes oefen \u2019n strategiese keuse uit om verskeidenheid te akkommodeer. Daar waar gemeentes byvoorbeeld net een styl van aanbidding volg, sterf hulle soms \u2019n stadige dood.<\/p>\n<p>\u2019n Tweede maatstaf om die kerk se lewenskragtigheid te meet, is die vermo\u00eb van \u2019n gemeente om God as \u2019n werklikheid aan ge- meentelede voor te stel \u2013 gemeentelede kan dus sien en ervaar dat God in hulle midde aan die werk is.<\/p>\n<p>Di\u00e9 geloofslewe gaan dikwels gepaard met \u2019n beklemtoning van bonatuurlike goed soos genesings, wonderwerke en openbarings \u2013 dit verklaar die fenomenale groei van charismatiese kerke. Daar waar Jesus as \u2019n antieke, wyse man beskou word, word geloof soms deur logika oorskadu en sterf die gemeente.<\/p>\n<p>Nog \u2019n moontlike maatstaf is gemeentelede se ywer om oor hul geloof te praat en mense met die boodskap van Jesus te bedien.<\/p>\n<p>Mense word dikwels na gemeentes gelok waar gelowiges besorg is oor die nood van ander.<\/p>\n<p>Heelwat gemeentes van die NG Kerk het in die afgelope tyd saamgesmelt. In dieselfde tyd het nuwe bedieningspunte as sendingprojekte in bestaande woonbuurte ontstaan. Sommige van hulle funksioneer nou as volwaardige gemeentes en di\u00e9 gemeentes beskou hulself al meer as gemeenskapskerke.<\/p>\n<p>Terwyl sommige predikante bekendheid verwerf vir hul \u201clibe- rale\u201d teologiese uitsprake, jaag ander wonderwerke na omdat hulle meer charismaties is. Ander is weer teologies behoudend.<\/p>\n<p>Die meerderheid dominees bevind hulle iewers in die middel omdat lidmate \u2019n verskeidenheid van sienings huldig en die Bybel juis leer dat die kerk \u2019n plek is waar mense wat van mekaar verskil, kan tuis kom in Christus. As \u2019n mens dink die kerk moet noodwendig een ding verkondig, mis jy die Bybelse punt van eenheid-in-verskeidenheid.<\/p>\n<p>Die gehalte en gesondheid van \u2019n gemeente word bepaal deur haar vermo\u00eb om mense te help om hul verhouding met Christus so uit te leef dat die samelewing iets van God se hart by hulle kan sien.<\/p>\n<p>Is my kerk, die NG Kerk, aan die sterf? As ek na my gemeente kyk, sien ek \u2019n groep gelowiges wat biddend soek na God se wil vir ons gemeenskap. As ek na my kerkverband kyk, sien ek gemeentes wat floreer, sowel as gemeentes wat sukkel. En tussendeur die gebrokenheid sien ek veral God aan die werk.<\/p>\n<p>As jy glo die kerk sterf, wys jy eintlik die vinger na jou eie gemeente. En omdat jy deel is van di\u00e9 gemeente, wys jy \u2019n vinger na jouself. Wat doen jy om die gat wat jy vir jou kerk grawe, toe te gooi eerder as om dit dieper te maak?<\/p>\n<p><strong><em>Guillaume Smit is \u2019n predikant in die NG Kerk Brackenfell-Wes.<\/em><\/strong><\/p>\n<div align=\"center\">\n<hr \/>\n<\/div>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>L\u00ea die Christendom op sy sterfbed?<\/strong><\/p>\n<p>Meer as veertig jaar gelede het wyle Johan Heyns in sy boek Sterwende Christendom? die vrees uitgespreek dat die Christelike geloof \u2013 veral in Europa \u2013 aan die sterf is omdat teolo\u00eb soos Rudolph Bultmann en J.A.T. Robinson dit met hul sekul\u00eare idees in sy kern aangetas het. Amper \u2019n halfeeu later is die vraag of sy vrese toe bewaarheid is \u2013 nie net in Europa nie, maar w\u00eareldwyd?<\/p>\n<p>In die 4de eeu n\u00e1 Christus het keiser Konstantyn die Christelike godsdiens as \u2019n wettige godsdiens verklaar, en later het dit die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk geword. Kerk en staat het \u00e9\u00e9n geword.<\/p>\n<p>Die funksies van die samelewing het die taak van die kerk geword: om \u2019n dokter te wees, moes jy kerk toe gaan; om onderrig te ontvang, moes jy kerk toe gaan; om na te dink oor die natuur, moes jy kerk toe gaan.<\/p>\n<p>Selfs die Kerkhervorming van die 16de eeu het nie die magsposisie van die kerk in die samelewing ongedaan gemaak nie. Die Christelike verhaal het alles bepaal.<\/p>\n<p>In die afgelope twee eeue het di\u00e9 omstandighede ingrypend verander. In sekere w\u00earelddele het die kerk na die periferie van die samelewing geskuif.<\/p>\n<p>Volgens Operation World was sowat \u2019n derde van die w\u00eareld- bevolking, 1 973 miljoen uit \u2019n moontlike 6 065 miljoen mense, teen 2001 nominaal Christene. Van Afrika se destydse 784 miljoen mense was 48,4% in daardie stadium Christene.<\/p>\n<p>Die Christendom was toe \u2013 en is steeds \u2013 die grootste godsdiens op aarde. Islam was tweede (21,1% van die bevolking) en die Hindoeisme derde (13,6% van die bevolking).<\/p>\n<p>Volgens inligting wat in November vanjaar deur Markdata ingesamel is, tel die gereformeerde kerkfamilie (wat die NG Kerk, die Hervormde Kerk, Gereformeerde Kerke en die Verenigende Gereformeerde Kerk insluit) nou slegs 46% van Afrikaanssprekendes onder hul lidmate. Tot 28% van Afrikaanssprekendes behoort aan Pinkster- en charismatiese kerke, terwyl meer as 6% van Afrikaanssprekendes aan geen kerk of geloof behoort nie.<\/p>\n<p>Syfers soos di\u00e9\u00a0moet natuurlik met groot omsigtigheid hanteer word.<\/p>\n<p>Al sou die syfers korrek wees, is daar dikwels allerlei vreemde redes waarom mense aandui hulle is aanhangers van \u2019n bepaalde godsdiens of kerk. Boonop beteken \u2019n formele verbintenis aan \u2019n geloof en kerk min as dit nie vir die betrokkenes regtig waarde het nie. Die ouens wat net naby die kerk kom as daar iets op hulle gegooi moet word \u2013 water, konfetti of kluite \u2013 se kerklidmaatskap beteken feitlik niks en hul geloofsverbintenis is verdag.<\/p>\n<p>Operation World se beraming dat meer as 70% van Europe\u00ebrs nog tot die Christendom behoort, laat \u2019n mens met ernstige vrae.<\/p>\n<p>Die Nederlandse koerant Trouw berig onlangs onder die opskrif \u201cGod wijkt, maar religiositeit blijft\u201d oor die uitslag van \u2019n opname oor spiritualiteit. Die meeste respondente beoefen blykbaar \u2019n soort \u201cgeestelikheid\u201d en baie glo in \u2019n \u201choogste wese\u201d, maar min glo in \u2019n \u201cpersoonlike God\u201d.<\/p>\n<p>En van \u2019n kerklike verbintenis is daar by die meeste min sprake. Volgens die Biskoppe-konferensie van Frankryk gaan net 2 miljoen van die 42 miljoen Katolieke in di\u00e9 land gereeld na die mis.<\/p>\n<p>In sommige w\u00earelddele toon die Christendom wel onverwagte groeikrag: In China, \u2019n land met nagenoeg 1,3 miljard mense, het die Christelike geloof in die afgelope dekades wortelgeskiet en ontwikkel tot \u2019n egte Chinese godsdiens. Sommige waarnemers meen Christene het in 2006 sowat 5% van die Chinese bevolking uitgemaak \u2013 tot 65 miljoen mense.<\/p>\n<p>Afrika is die vasteland waar die Christendom die meeste groei. Volgens \u2019n verslag wat in 2010 deur die Pew Forum on Religion and Public Life uitgereik is, bevat Afrika suid van die Sahara een uit elke vyf van die w\u00eareld se Christene en een uit elke sewe van die w\u00eareld se Moslems.<\/p>\n<p>Die demokratisering van Suid-Afrika en die gepaardgaande transformasie het onvermydelik tot groot onsekerheid, selfs vertwyfeling, by wit mense, by name Afrikaners, gelei. In die anderhalwe dekade wat op die euforie van 1994 gevolg het, het nagenoeg \u2019n miljoen mense \u2013 hoofsaaklik wit mense en baie van hulle Afrikaners \u2013 die land permanent verlaat.<\/p>\n<p>Die geloofwaardigheid van die Afrikaanse kerke het vanwe\u00eb hul ondersteuning van apartheid by baie onder verdenking gekom.<\/p>\n<p>Jong Afrikaners se prioritisering van waardes het in post-apartheid Suid-Afrika drasties verander, blyk uit Jan van der Merwe se doktorsgraadtesis, Afrikaners in Post-apartheid Suid-Afrika: \u2019n Antropologiese Perspektief.<\/p>\n<p>Oor godsdiens het hulle uiteenlopende sienings: Aan die een kant het hulle \u2019n behoefte aan groter individualiteit en vrye denke, en het hulle afgesien van \u2019n Christelik-nasionale lewens- en w\u00eareldbeskouing; aan die ander kant, is daar \u2019n groeiende behoefte aan geestelike warmte, Godvresenheid en godsdienstige geborgenheid.<\/p>\n<p>Dit is sekerlik waar dat sommige Afrikaners losgeraak het van die Christelike geloof, ook vanwe\u00eb die sekul\u00eare tydgees wat die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika die afgelope jare met mening getref het. Maar die teoloog Christina Landman het waarskynlik reg as sy s\u00ea daar is by baie \u2019n behoefte om \u201cterug te keer na God\u201d \u2013 al beteken dit nie \u2019n stormloop terug na die hoofstroom-kerke nie.<\/p>\n<p>Die reaksie op Angus Buchan se \u201cback to the basics\u201d-prediking is die beste voorbeeld hiervan. Dit is immers veral Afrikanermans, honderdduisende van hulle, wat tydens reuse-saamtrekke deur di\u00e9 lekeprediker aangegryp word.<\/p>\n<p>Vir baie l\u00ea die bekoring van sy prediking juis in die eenvoud, direktheid en emosionele impak daarvan.<\/p>\n<p>Is die Christendom w\u00eareldwyd aan die sterf? In sy geheel gesien, het die \u201cgetallesterkte\u201d van mense wat hulself Christene noem, nie in die afgelope halfeeu verminder nie. Inteendeel, die Christendom het plek-plek gegroei.<\/p>\n<p>Of die persentasie \u201coortuigde Christene\u201d dieselfde of meer is as \u2019n halfeeu gelede, is onmoontlik om te bepaal.<\/p>\n<p>Maar die Christelike geloof l\u00ea beslis nie op sy sterfbed nie. Al kwyn di\u00e9 geloof blykbaar in \u2019n tradisioneel \u201cChristelike\u201d vasteland soos Europa en in ander gesekulariseerde (of sekulariserende) gemeenskappe, toon die geloof in die Jesus wat twee millennia gelede in Betlehem gebore is, op ander plekke \u2013 van China tot Afrika \u2013 \u2019n verrassende groeikrag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Opinies oor kerkbywoning. En op die sewende dag&#8230; is daar stilte? 2010-12-10 22:23 Nina Steyn Di\u00e9 handelsmerk het my verloor Fanta is my gunsteling-gaskoeldrank. Sedert st. 3 simboliseer dit vir my verligting, hoop, vreugde en oorvloed. Hoekom? Want \u2019n oranje vragmotor het een keer per kwartaal na ons armsalige asbesskooltjie, waar stof en fabriekrook ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_feature_clip_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_publicize_message":"","jetpack_publicize_feature_enabled":true,"jetpack_social_post_already_shared":false,"jetpack_social_options":{"image_generator_settings":{"template":"highway","default_image_id":0,"font":"","enabled":false},"version":2},"jetpack_post_was_ever_published":false},"categories":[28],"tags":[],"class_list":["post-117","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-artikels"],"jetpack_publicize_connections":[],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/117","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=117"}],"version-history":[{"count":0,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/117\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=117"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=117"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/parowvallei-oos.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=117"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}